| Ek
loop maar katvoet, deur my woorde. Soos deur die bitter mooi Karoo. Iewers
skuil daar nog akkoorde. Iewers waai 'n rolbos vas. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai my kind. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai. Ek
speel op die walle van die Groot rivier. Begrawe my drome in die sand.
'n Sterretjie vir Kersfees, is nie veel gevra. Noem hom sommer maar my naam. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai my kind. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai. Warm
warrel winde, draai en draai. My gedagtes daarin, vasgevang. En as ek
dit eendag, daar los, kan woel. Sal ek vir jou 'n poskaart stuur. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai my kind. Ons
is maar, grassade my kind. In die wind, verwaai. Oh!
... Grassade my kind, in die wind verwaai.
In die wind, verwaai. |