Laurika Rauch
Stuur Groete Aan Mannetjies Roux
My oom se motor is 'n ou masjien.
Hy maak dit vol met dieselien.
En hy sing in die strate as hy ons kom sien.
My oom is oud en ek is skaars dertien.
My oom drink koffie en my tannie tee.
Ek vra oor die reën en hy sê ja-nee.
En hy drink soet koffie met sy een oog toe.
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux.

O, stuur ons net so 'n bietjie reën.
My oom het 'n tenk vol dieselien.
En seën my pa en seën my ma.
En my oom op sy plaas in Afrika.

Maar my oom het gesukkel op die plaas.
Want die son was te warm en die reën te skaars.
En die man van die bank het net sy kop geskud.
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld.

My oom se motor is 'n ou masjien.
Hy maak hom vol met dieselien.
En hy ry na die lande in die oggenddou.
Die lande vaal en sy oë grou.

O, stuur ons net so 'n bietjie reën.
My oom het 'n tenk vol dieselien.
En seën my pa en seën my ma.
En my oom op sy plaas in Afrika.

En as jy in die oggend in die lande stap.
Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak.
Maar my oom, ja my oom se oë is nou albei toe.
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux.

O, stuur ons net so 'n bietjie reën.
My oom het 'n tenk vol dieselien.
En seën my pa en seën my ma.
En my oom op sy plaas in Afrika.