Steve Hofmeyr
Pampoen
Sing, sing jou woorde teen my vas.
Bring, jou hele lewe in 'n tas.
Vat die trein na Bloemfontein.
En die 506 na Petrus Steyn.
En as jy wil, vat daar 'n bicycle.

Volg, volg die grondpad teen die bult.
Hol, oor die velde as jy wil.
Hier wag ek die jare om.
Vir 'n stofwolk op die horison.
Of iets soortgelyk, wat soos jy lyk.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n trekker wat se tyres lek.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy by my intrek.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n plaas wat ek afbetaal.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy om my te haal.

Stuur, stuur my liefde vir jou ma.
Maar, as jy kom los haar net daar.
Hier's net plek vir drie van ons.
Want dis ek en jy en 'n af-oorhond.
Sy naam is Roof, maar hy's al jare doof.

Bring, bring daai goedjies wat jou pla.
En ek, maak 'n ring van ogies draad.
Ek spaar nog vir die diamant.
En 'n donkiekar vir die predikant.
Ek sal moet blomme leen, tot dit eendag reën.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n trekker wat se tyres lek.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy by my intrek.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n plaas wat ek afbetaal.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy om my te haal.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n trekker wat se tyres lek.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy by my intrek.

Ek't dog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen.
En 'n plaas wat ek afbetaal.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kom jy om my te haal.

Kom jy om my te haal.