Kyk
of jy vir my, die son kan vang. Daar's 'n kamer in die huis waar ons die son,
kan hang. Dis donker by die venster, in die middel van die dag. Onthou
jy hoe helder die kamer kon lag? Kyk
of jy vir my, die son kan bring. Daar's 'n liedjie in die gange wat die son,
kan sing. Want dis stil in die hoeke, hierdie koue seisoen. Kan jy sien
wat die wind en die reën aan my doen? S-o-nvanger.
Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn. S-o-nvanger.
Laat my verstaan. Hoe 'n somer, sommerso, in die niet kan verdwyn. En
laat hom skyn. Kyk
of jy vir my die son kan kry. Daar's 'n huisie in my hart, waar die son kan
bly. Kyk of jy vir my, die son kan steel. Daar's 'n plekkie in die tuin
waar die son, kan speel. Mmmmm Mmmmmm Mmmmm Mmmmmmm S-o-nvanger.
Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn. S-o-nvanger.
Laat my verstaan. Hoe 'n somer, sommerso, in die niet kan verdwyn. En
laat hom skyn. Bring
'n bietjie lig, vir die draaie op my pad. En 'n handjievol strale vir die
donker, in my hart. S-o-nvanger.
Ek vra jou mooi, laat hom weer vir my kom skyn. S-o-nvanger.
Laat my verstaan. Hoe 'n somer, sommerso, in die niet kan verdwyn. En
laat hom skyn. S-o-nvanger. |