Afrika
  
 

die son brand my vel
die groen gras is half verblyk
as jy maar net deur my oe kan kyk
hoe sal my wereld vir jou lyk

laat die son van afrika oor ons skyn
laat ons die rivier se water drink vir ons pyn
laat die reen van afrika die dors op ons lippe laat verdwyn

laat die wolke ons koelhou deur die dag
laat die maan van afrika oor ons skyn, elke nag
laat sterre ons laat lag
laat afrika se blomme in ons oe skyn, in alle prag

laat ons diere behoue bly
maak n afrika liedjie ons vry
n oseaan ons voete was met hoog gety

afrika is my huis
dis die plek waar die arend bly
dis die plek
vir jou en my

© Dirk Kruger