All You Need Is Love
  
 

haar storieboek blaaie
vasgemaak met n stukkie draad
emosies wat jolyt praat
het n donkerwolk in skadu gelaat
sy weet
al waai die wind ook hoe wyd
all you need is love
sal op haar draaitafel draai en draai
totdat die Beatles vir haar n ander liedjie sing

© Dirk Kruger