As Die Son Opkom
  
 

die Engele sing hul liedjie
ver oor die horison
waar blou lug sy oranje baaidjie aantrek
met n strikdas van n wolkie
wat deur die hemelruim kreun

en God hou jou handvas
as n ligte windjie jou hare streel
n Dolfyn spring omhoog
blou water spartel onder hom deur
as hy sy spesiale plek vir sy waterbed keur

n mistigheid laat die swart
in ons siele verdwyn
totdat die lag weer
in ons harte verskyn

bietjie vir bietjie
totdat dit ….in al sy glorie skyn
is dit sy fantasie wereld
wat voor ons oe verskyn

sons opkom
in sy wereld
ons tafel is gedek met seen

Hy doen dit elke dag
saam met hom kan ons
vir hierdie wonderlike oomblik wag

NS
kyk net een keer op
en God sal vir jou knip-oog
wanneer jy dit die minste verwag

in n pikswart nag
die son sal weer skyn
al wat ons moet doen
is wag
totdat die mis verdwyn

© Dirk Kruger