As Dit Was
  
 

sy het daar gesit
onder n olifantsoor
haar oe was rooi
en haar hande
gevou op haar skoot

haar neus effens opgetrek
goue hare gevleg
ek wou die storm
in haar gesig beveg

ek het vir haar
rainy days and Mondays
op my trompie laat bler

haar lag was blinker
witter as sneeu het dit geskitter
in my hand het my trompie
in n seemeeu verander

ek hoor haar vlerke klap
ver oor die oseaan

© Dirk Kruger