Blou Jeans
  
 

konsertina lag op elke straathoek
mense skoffel in die straat
dan val die nag op sy kniee
sy stap daar soos n meesterstuk
……….mans wil haar net druk
vrouens…. wil net haar vere pluk

sy se niks nie
sy laat net haar blou jeans praat

n duif val van sy tak af
n vrou met n dikboshare word baie kwaad
hulle kyk na hierdie hemelse wese
en daar is net vonke wat spat
vonke wat spat

sy se niks nie
sy laat net haar blou jeans praat

hulle ken die taal wat haar blou jeans praat
ja sy laat haar blou jeans praat
…….later word al die vrouens kwaad
die mans verbeel hulle
hul sien haar in evas gewaad

vismondjie getuit
wuif sy vir almal wat wil kyk
maar skielik besef sy
sy is alleen..die straatgangers het verdwyn

in die verte sien sy hulle hardloop
mans voor , vrouens agterna
dan weet sy …boeta
vanaand gaan n paar mans se boude brand

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing