Blou Maan Iewers In Afrika
  
 

jou kleur strek oor die verte
sterre maak vir jou n hemelsbed
wolwe huil oor al die kranse
n meermin droom oor jou
drome maak haar gek

MAAR
iewers in Afrika

is waar jy wil wees

gooi jy jou strale
op n vensterbank
n dogterjie loer daardeur

iewers in afrika
dra jy haar op jou hande
maak jy haar trane droog
laat jy haar rustig slaap
in jou drome
gaan haar lewe gelukkig voort

sy is n kind van Afrika
as sy praat met jou
maak jy haar lewe reg
vertrou sy volle op jou
jou lig wys vir haar die weg

en sy se
liewe blou maan
is daar rerig n man
wat in jou wandel
wat jou verstaan

en die maan lag en se
nee, ek is die een
wat elke aand
die sterre in jou oe
laat tel…as jy kuier
in klaasvakie land

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing