Bly
  
 

as jy my verhaal uitvee
op ons swartste dag
kan die son net sowel verdaag
verander in n plaag
die voels skreeu jou naam
in die middag son
die dag het
nie n roos wat blom
die nag staan stil
in n warboel van swart
en…..sinneloos klink
die mooiste klank

maar as jy bly
verf ek jou naam
op elke gebou
wat op ons pad mag staan
ek pluk jou n blaar
van die raarste raar
skink vir jou n glasie wyn
en ons pyn
stuur ons na die die maan

maar as jy moet gaan
los my net n traan
wat ek in die palm van my hand
kan verander in n Swaan
….totdat ek jou geur weer kry
in n somersaand
en jy staan daar …in volle gewaad

moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie

as jy weggaan
soos ek weet jy moet
teken vir my n prentjie
in my gemoed
totdat
my lewe agteruit verdwyn
en ons verhaal stadig kwyn

die son sal nie meer skyn

moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie

bly in my oe

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing