n Stukkie Van My Tuin
Briewe
Gedig Geskryf Nadat Ek Na Tom Traubert's Blues Geluister Het

tussen vuil baksteen geboue
ligte skyn maar flou
op die sideboard is daar
ou draadloos speakers
waarna ek luister
om jou stem te hoor

die strate droom net drome
Drake loop skewe spore
iewers sit jy verlore
die pot goud in jou hand
het nou silwer vertoon

ek dink vanaand
aan Bez Valley

waar ek rondloop in n straat wat blind is
my boemelaars klere voel die winter grou
ek is so moeg vir al die geweld
niemand praat Afrikaans nie
selfs die kos op die tafel staan my nie aan
die wolke hier dreun net
maar geen water op die grond