Daar
  
 

Daar…..waar die son sy spore verloor
die maan haar trane stoor

n ster val om by jou te wees
n arend oor n bergtop sweef

wolke jou naam skryf in die blou lug
n swaeltjie dartel , draai en sug

net daar…..in die middel
wil ek vir jou n huisie bou

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing