Dae Lank Terug
  
 

miskien…moet ek vanaand n gedig skryf
sommer net n paar woorde
sal iemand ooit my gedig lees
oor n honderd jaar is alles vergete

miskien…moet ek
jou storie vertel
maar jou storie
verdwyn soos mis
na n glasie wyn

maar vanaand is daar nie n boom
maan of selfs n tortelduif

vanaand wil ek net

lui -lekker

my hawelose gedagtes
in jou oe laat verdwyn

wat my laat terugdink
aan…Spanje lank , lank terug

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing