Dans
  
 

kom dans vanaand met my
ons skoffel
ons wals,
ons rock n roll
met trippe trappe tone oor die gras
totdat die son ons huistoe jaag
en met ons asem laag
kry die kind wees in ons
nog n kans om te lag
Lewe Wild En Vry

kom ons vlieg hoog vandag
na gister se blou maan dag
gelukkig was dit nie n blou maandag

jaag jou buurvrou deur die tuin
of as jy n vrou is
maak jou buurman skrik
skink vir hom n glasie wyn

spring van jou dak af met n sambreel
pasop net vir die druiwe prieel

maak vir n spietkop n koppie koffie
of gee vir hom n toffie

eet iets wat jou sal vermaak
as niemand jou dit sien eet nie
sal dit jou nooit vetmaak

lewe wild en vry
laat iemand anders jou beny

maar na alles
wees net gelukkig en bly
dink net
jy kon n boom gewees het
waarna al die mannetjies honde
in die omgeweing vry

shame so n
sad lewe moet n mens vermy

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing