David Bowie

Onder neon beligte strate
winkel vensters met mannekyn pop gesigte
waar wind blare uit hul spore waai
tremspore eens geloop het
Ziggy Stardust nog koning kraai

loop spore deur jou
wind verwaaide hare
soos n opgewonde Sondag
wat vir Maandag wag

en…Ziggy Stardust speel nog steeds kitaar
met die spiders van mars in elke noot

© Dirk Kruger