Die Haas Teen Die Muur
  
 

dit was ligskemer
…..in die kamer
het n geur rondgehang
maak toe n beeld van n haas
met my vingers
teen die muur
soos toe ons kinders was
die haas het gelag
en sy ore het regop gestaan

mense het by die venster ingeloer
en gese….kyk hy is mal
hy maak n haas teen die muur
wat lag met ore wat regop staan

ek kyk na die haas teen die muur
en se….die mense is reg
die haas …is eintlik die man in die maan

hulle sal dit nooit verstaan
wie dra die blaam

hul verbeelding …of ek

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing