Die Letter N
  
 

die na-aper se naand
en vertel naarstiglik
van sy nare naatlose
naasteliefde
wat onder in die bos bly

sy sit sonder n naampie
die naakte naaldwerkster
haar naaimasjien n blyplek
vir die naaldekoker
wat eintlik mik vir die naaldekussing

die nabootser
nael toe na die nabye ooste
nadat hy n naby foto
van homself wou neem

nadat hy naderhand
nadenkend n naderhou
op die golfbaan wou speel

hy het nagereg
op sy naghemp gemors
want sy nagblindheid
maak van hom n nagaap
so se die nagadder wat
na gelang van omstandighede
sal verskyn

en dit in n neutedop
my naburige vriende
is die letter N

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing