Die Ou Man
  
 

sy word vasgevang
angs…miskien …of net vrees
die kamerlug se donker
word effens wit
en erens….is iets wat knaag
soos n muis , in n kombuiskas
van n verlate ou huis…baie ver
wat sy eens sou ken

sy le vir n oomblik stil
haar hart klop in die palm van haar hand
dan…buite sien sy n beweging…
n ou man
sy glimlag verhard, hande bewerig van smart

sweet brand haar oe
haar asem jaag die hele kamer vol
n klop aan die deur
sy wil haar verweer
die ouman stuikel
en le plat voor haar bed neer
……hy staan op vat aan haar hand
n yskoue rilling groet haar
aan elke kant

sy le in die bed
vandag is dit presies een jaar
sy hoor n geritsel…voetstappe….buitekant
n ou man en n meisie
wat loop hand aan hand

en hy glimlag
van oor tot oor

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing