Die Soldaat
  
 

die soldaat work wakker
sweet is sy eie geur
hy hardloop…val
kruip tot die naaste draad
en wag vir n bom
vir n kreun
op wie kan hy steun

hy rol om
kyk vir die sterre
sing n liedjie
van lank gelede
le reg met al sy gewere
die maan stort n traan
wat ween

die soldaat lag
verf n prentjie
met sy eie bloed
teen sy eie muur
wat behoort aan
sy eie verlede

hy is n masjien
sy aan/af knoppie
het reeds lank…lank
kennis gegee

sy draai om
om hom hom verder te laat droom
wie is versteurd……ek of jy
terwyl sy n liedjie neurie
van lank…lank gelede
en stof van n silwerskoon bank
met n natlap probeer politoer

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing