Die Son Se Haar Naam
  
 

iemand moet vir haar se
die tee is genoeg geklits
sy vra n vraag
prewel die antwoord
asof sy tussen mense is

troufoto
skeef op die sideboard
reg onder n man
met n welige snor

n traan le in haar vadoek
haar lewensverhaal , glo sy
staan iewers in n boek
haar ketel pak sy iewers
saam met n klomp doylies
in n boks

sy sien n beeld
van kinders wat lag
in die driveway
n ou Chevy
jaar 1965

in n kompleks van sand en beton
sing blomme vir haar n liedjie
hulle skewe koppies gaan om en om
die son klim in haar sak
sy voel die hitte
maar weet nie waar dit vandaan kom

n man met n welige snor lei haar
aan die hand
hoop jy sal geluk vind hier
hier….is so baie van ons

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing