Dis Genoeg Vir My
  
 

as ek die trane in jou oe kan was
jou hand vashou totdat
totdat sneeu op die veste berge smelt

dis genoeg vir my

as ek die jou lag kan raam
jou emosie heeltemal verstaan
verslaaf raak aan jou hartklop
ons harte klop op die silwerste maan

dis genoeg vir my

as ek jou held kan wees
die middelpunt van jou fees
jou naam in n mistige oggend
in n koppie koffie lees

dis genoeg vir my
in jou wil al my drome bly

jy is die huis
ek wil net die bakstene wees

dis genoeg vir my

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing