Drenkeling
  
 

die son skree vir sy skaduwee
hy val oor jou voete keer op keer
die kafee is al toe , nog n ete taboe
wat kan hy se
daar is nog bier in die yskas
wat hy wil he

hy slaap op die stoep
swart t shirt dra hy onderstebo
die koue lug gee hom hoendervleis
maar hy besef dit nie eers
as kaleidoskoop kleure
sy drome verf

en steeds is dit tyd wat om hom dwaal
steeds sy gedagtes wat verdwaal
suig aan n sigaret
rooi oe is verward
iemand help hom oor die straat
hy lag se dankie
maar onmiddelik vergeet hy haar naam

te oud , wat kan hy verloor
te jonk, sy lewe le nog voor
hy is net rock n roll drenkeling
niemand wat hom bekoor

hy kyk na homself , die lewe is nie fair
gee my jou hand , en ek vat jou saam
hoor hy haar stem , ek wil graag gaan
maar my bene staan wydsbeen oor die maan

ek is net n drenkeling
in die rock n roll oseaan
sit op die straathoek
en skryf sy naam

hy en sy kitaar
wie dra die blaam

haar blou oe lyk gedaan

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing