Vroeg In Die Oggend
Ek En Jy
n warboel van ongetemde gedagtes

Miskien is ek die held
Hoe het ek geval
Miskien is ek net maklik
Soos n prostituut in my eie gedagtes
Ek dink ek moet iemand bel

Miskien is ek net mal
Of normaal
Maar…wat is normaal, kan iemand my vertel

As ek n hoender was
Hoeveel eiers sou ek le
As ek n jagter was
Watter dier sou ek uit oorle

As ek lank was
Sou ek korter wou wees
As ek kort was ( o skuus ek is)
Sou ek n boek lees in die reen

Ek hardloop bergop
Teen n afdraende
En ek wonder
Sal jy hierdie gedig lees…As ek vir jou se my bui is laf
Want op een of ander manier se mense vir my
Jy is net n digter as jy oor ernstige goed skryf

Wie het hierdie gedig gelees
Miskien net ek en jy
Of…Miskien nog iemand …wie weet?