n Besoeker In My Tuin
Ek Wonder

daar is n huisie wat staan
onder die linker kant van die maan
goue venster met n rooi raam

( oooh is ek n denker )

en ek loer daarin
daar le my droom
by n silwer boek
en n dwergie
met brille aan

( en ek wonder…oor jou en my )

die son bak deur die ruit
daar le visse in n skuit
n plaaswerker loop rond
en ek hoor sy treurige deuntjie wat hy fluit

( en…ek vat aan jou hand…alles kan maar staan )

ek ry op die golf van jou waan

hmmmm en ek wonder

sal jy hierdie gedig ooit verstaan