Feetjie
  
 

ek het haar daar gesien…staan…sit
in die middel van die groot ou wolk
het sy vir my gewaai…n soen gesteel
op die plek waar die dolfyn haar aflaai
het ons geskoppelmaai
totadat n ster vir ons wink

maar…daar in die verte
het alles gebroei….n storm het losgebars
wou met haar stoei…sy het niks toegelaat

behalwe n soen wat sy vir my stuur
terug…op die dolfyn se rug
het die soen gery

totdat dit kom le het
in die palm van my hand

waar dit rustig raak
en die storm is verby

selfs die boomtoppe
was bly

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing