Fontein
  
 

nog n slapelose nag
wind waai om die huis
laat my net aan jou oë raak
as jy huil
maar jou huil raak weg
as die son weer skyn
ketel fluit in die kombuis
……en ek maak koffie
met jou eerste traan
vir n bittersoet smaak
…..vir n bittersoet smaak
…het die wind gaan le

en ek raak aan die slaap
in jou sprankel …fontein

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing