Geweld In Die Park
  
 

ek skop die skoenlapper onder haar jack
sy gluur na my …en se
hey is jy gek

ek se nee, eintlik
het ek die storie verkeerd begin
my naam is Master Jack
en as jy nie oppas slaan ek jou op jou bek

sy se, ek het n vriend
hy is n naaldekoker
en…hy…sal jou vet moker
hy is woes en n groot roker

en daar kom die naaldekoker aangevlieg
…..eintlik moet ek bieg
want ek het so n bietjie gelieg
ek is net n vet muskiet

die skoenlapper lag haar gat af
en….ek lag my gat af
die naaldekoker lag sy gat af

daar kom n seemeeu aangevlieg
en skyt op ons kop

die seemeeu lag sy gat af
en ons staan daar heeltemal bek af

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing