Guitar Soos n Viool
  
 

sweetdruppels bars oop
in triljoen note
op die grond
hare hardloop
strepe deur jou gesig
viool snare
verander in guitar
gebare

musiek neem jou oor
soos n mal professor
gryp jy na elke noot

die mure
in jou leë vertrek
verdrink in jou genot
musiek word jou vlerke
word jou sonde

word alles waarvoor
jy leef

maar nog steeds ken
jy nie n noot

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing