Hoofstuk
  
 

n woord is nie net n woord nie
dis die lint
wat die lug tussen ons
aanmekaar moet hou

n verhaal is nie net n verhaal nie
dis die geskiedenis
wat ronddryf
tussen my en jou

as my woorde drentel in jou verhaal
weet ek…ons het nog n hoofstuk
om te bou

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing