Inkomend Oor Boksburg
Horibaalse Gedig
So Hier En Daar Sal Jy Dalk Iets Van Een Van Gunsteling Liedjies Raaklees

ek het n lang been
ek het n kort been
my gedagtes het ek vir iemand geleen
dis nou Iewers in sy kop en hy is gemeen

ek val uit die bed
val op my gat
mossie op die vensterbank
lag hom papsop nat

ek drink n dop
n whisky dop
dan weer n brandewyn dop
totdat ek soos n hoender skrop

ek is eintlik n spy
want ek kan lag soos n kraai
vang partykeer vis in die kaai

hierdie gedig gaan nerens
nerens is erens
hoekom noem hulle dit dan nerens
as dit erens is

ek sal nou maar ophou om julle te verveel
ek sal beslis ophou as julle jul geld met my deel

ha ha ek het nou net besef
hierdie is n horibaalse gedig
kan nie help as julle dit lees
dink net julle kan ook so n digter wees