Jou Brief
  
 

gister
het ek jou brief weer gesien

na al die jare

is die merk wat jou traan gemaak het

nog sigbaar

maar nou net n swart en pers kol
op die wit koevert wat
nou vinnig verander
in n kleur wat n mens nie kan beskryf

jou parfuum
betower my nog steeds
ek kan dit ruik
die hele kamer vol

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing