Jupiter
  
 

Jupiter is n koei , wat hou van stoei
Moo land se top bestuur besluit
hierdie koei is n slegte invloed
hierdie koei moet foei

die enigste antwoord is Feetjeland
aan die ander kant , agter die berg
waar die son lag
en bome groei , met baie krag
en n Dwergie sit en wag

met n nota om haar nek
kom Jupiter aan by Feetjieland se hek

die nota lees :
aan Feetjieland se groot gees
Jupiter is n koei wat hou van prettig wees
kry haar om statig te op te tree
en ons sal jul dankbaar wees, vir eers

ses maande later
kom Jupiter terug by Moo land se hek
n nota lees :
hierdie koei hou ons vir die gek
al my Feetjies wil nou net prettig wees
en heeldag sit en liefdes briefies lees

stuur haar na n veilige plek
waar sy haar stories kan sit en lees
ons kan niks doen aan haar gees

Jupiter is eintlik n goeie koei
maar partykeer vrees ons
om ons lewens te laat gloei

hoop julle het n Jupiter dag
hoop julle nag is vol sterre prag

groete van Jupiter die Koei
wat haar net met prettig bemoei

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing