Juwele
 

jou asem le sag op my vel
jou heupe neem my oor
jou spiere speel viool
ek die snaar
waaraan jy sagkuns toor
voel jou liggaam verslap
voel soos n duisend juwele diep in die nag

as ek jou binnebeen soen
en jy na jou asem snak

dis wanneer die maan skaam-skaam
sy strale oor ons laat waak

waar ons emosies bymekaar kom
naak

© Dirk Kruger