Kinders
  
 

jy is
die son wat lag
so skugter ..sonder n traan
teen die hemelruim…wat wag

ek is
die maan wat tuimel
oor my voete…val
wil net skyn
waar jy ook al gaan
my voetspore trek
agter jou aan
elke dag

ons kinders is die sterre
wat net vir ons vreugde bring
moet nog net vir hul name gee
een vir een
waar sal ons begin

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing