Koos Doep
  
 

ek le in jou brandende vure
deur jou oe sien ek vele
beleef ek al die tonele
en jou hart maak n skadu
teen my muur
en ek gooi nog n kooltjie
en kyk hoe die as verander
in n oranje gluur

soos n kind van die wind
het ek alles verslind
dit wat jy na my kant toe gooi
opgetooi in jou woorde
luister ek na jou akoorde
….loop ek deur jou boorde van woorde

jou musiek
maak n silwer varing
teen my muur

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing