Kos Gedig
  
 

jy is grondboointjie botter lekker
as ek stroop op jou plak
raak ek sommer laf
en honger ook
soos die duiwel
in n Wimpy Bar
sit jy vir my en wag

ek spoel jou af
in melk van die plaas
n kersie sit ek wie weet waar
ek hardloop agter jou aan
want jou enigste klere is
een stukkie vyeblaar
met heuning verlei jy my
dit drip hier en daar

jy is my kospooitjie
op n warm winter stoof
n regte loslappie
as jy al my goeie bedoelings…verdoof

my moskonfyt
my groot jolyt

my stukkie toast
op n Sondag aand

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing