Kosmaak Is Nie Perdekoop Nie
  
 

hy is nie so groen dat n koei hom sal vreet nie
maar toe hy die hond nie in die pot kon kry
besef hy honger is die beste kok
maar hy het toe die kar voor die perde gespan
kon toe nie vir almal die hemel en aarde beweeg
hy loop toe so reg in die Leeu se bek
dis toe dat hy oorsuiker na die bure toe
waar hy dit hotagter kry
want hulle het nie kos ,
om hom van sy ellende te bervy
hy besef toe dis klaar met kees
sy kierang sal braai
die koel is deur die kerk

n kok sal hy noot maak
selfs Master Chef Suid Afrika
sal sy bas nooit kan red

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing