Liefde Is
  
 

liefde is n hoendervleis vel
fluistering in n oor
slap tjips op n vrydagaand
as jy nader kuip
wanner n movie jou bang maak
liefde is n klap op die boud
n soen in die nek
wanneer twee hande raak
in n elektriese vertrek

liefde is 5 woorde
ek is lief vir jou
liefde is sonder n masker
n masker is vir mense
wat liefde nie wil onthou

liefde is nie moeilik
gee dit net
liefde is wanneer
twee mense
net een hart het

liefde is
my en jou duet

ek is lief vir jou
se dit net

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing