Marie
  
 

ek soek jou lag tussen
die derde en vierde ster
maar al wat ek kry is n stowwerigheid
wat my oe nie na smag

ek het gisteraand die Here gevra
of hy nog n rukkie langer vir jou kan wag
daar was n ritseling buite in die gras
dit was jou woorde wat ons soos altyd was

sy antwoord het gedraai in die wind
dis miskien waar ons almal geluk sal vind

……en ek wonder Marie
wat sal ons sonder
jou wyse woorde maak

hoop nie ons kry
n voorsmaak

ek wil jou naam
nie skryf in die wind

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing