Mengelmoes Beelde
  
 

die rampokker son
loer deur n skugter skaduwee
vir n vrolike feetjie
wat sit op n treurige blom

n reendruppel verdwaal
want die palm van jou
hand kan hy nie vind

die atmosfeer
seil op n blaar
wat ry
op n arend se rug
erens ver oor… die wye oseaan

n ster kruip weg in jou blokkies hart
want dis waar hy veilig en warm voel

die maan skaam…skaam
praat met jou sprokies oe
totdat n seemeeu
jou naam skryf in die sand
onder n ou wilgerboom

hierdie is my mengelmoes beelde
waar pas jou verbeelding in

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing