Mengelmoes Swart
  
 

voetspore le en stof vergaan
die adelikes het n rympie geskryf
en stuur dit na die maan

hoe lank moet armoede
op hierdie aarde voortbestaan
het iemand ooit eers n plan
na wie toe kan ons gaan

dan kom die maan stadig aangesweef
al ons woorde
netjies in sy
donkerkant ingeweef

ons is so
blind soos die wat nie kan lees
gee ons n skitter prentjie
en ons maak hom …sommer…bedeesd

my woorde val
in n krater se wal
my woorde ontklof
met n grootste grootste geknal

maar wat bly oor as die stof gaan sak
ons woorde aan n doringdraad vasgehaak
en n kraai wat lag en skel

wie is ons , moet ons veg
gee ons op en verloor
ons huisie anderkant die berg

die maan kom stadig aangesweef
geen woorde aan sy blinkkant ingeweef
maar al wat wat ek sien

ons drome wat voort bly leef
in die palm van God se hand

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing