Mis
  
 

sy staan met n bewende mes in haar hand
buite sluip die mis rond
kirts …kirts oor die sand
sy voel die koue
maak die deur stadig oop
n stem hardloop
soos n slegte drankie
deur haar verstand

sy sien hom in die verte
sy oe skyn helder
soos n stukkie son
sy hare wit
met n swartjas wat
punterig hang

toe maar se hy sag
ek is die donker man
al waar ek kan bly
is in jou drome
in jou verstand

meteens skyn die son weer helder
sy sit teen die muur van die kelder

Damn bleddie ,mis
maak my alweer bang

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing