Miskien
  
 

miskien moet die see water
vandag
oor my voete spoel

met n wolk praat
wat sit rondom

die maan

vriende maak
met n arend
ry op sy rug
tot die sterre
vir my waai

miskien sien ek jou oe
dan
iewers

terwyl .... ek n gedig skryf
wat glad nie rym

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing