Mistigheid
  
 

ons het haar gejag
vir 3 maande
het sy met haar ys dun
lippe gelag
as sy met ons speel
ons terg, haar buie
maak ons verward

ons het haar streke ontrafel
haar kaarte oopgegooi op die tafel
totdat sy elkeen van ons kreun
in haar gedagtes sal saamdra
waar sy nou vlug….ver in die noorde
by haar vriende sal sy haar toorwoorde
van mis….saggies in ou Big Ben laat rus

…totdat sy terugkeer
en met n jakkalsdraai
ons probeer afmaai

maar ons sal wag
ons sal ons krag
op haar laat reen

vir nog n oorlog
ver van hierdie een

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing