Moenie Weggaan Nie
  
 

die wind sal verander in asyn
pyn sal deur die Maan skyn
die son se energie sal le in die woestyn

die sterre sal al die blaam aanvaar
n wolf sal jou traan gewaar

n wolk sal seil…rigtingloos
oor jou voetspore …sal hy gaan staan
die roos wat jy altyd bederf
sal omval en sterf
n feetjie met oe so rooi
sal sit in die hoek
hande geboei

moenie weggaan nie
laat my gedagtes weer gloei

n blaar sal val
in my rigting sal jy n skoot hoor knal
as ek stadig …jou vingers soen
moet jy een laaste ding vir my doen
moenie weggaan nie
moenie weggaan nie
net by jou
is my siel weer vry
net by jou wil ek bly

totdat die wereld
in sjokolade verdwyn

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing