Musiek
  
 

ek hou van musiek
jou vibrasie elke noot
jou vel die guitar
waaroor my vingers speel
jou vog….my verhoog…..laat my stoom
jou naaktheid…my mikrofoon
jou mond die heerlikste melodie
wat my spiere laat droom

die natheid van jou lyf
die plek waar ek elke liedjie skryf
jou binnebeen rol in my kies
as jy stadig tot n rukking kom

ek wil net jou liedjie wees
speel my in die stort
waar warm water
oor ons bandelose lewe spoel

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing