My Enjin Wat Saggies Loop
  
 

warm lug dwaal in n digte mis onder die boom
wilger se takkies fladder saggies
wanneer n koue verby my stroom
sien ek haar in die verte
haar hande wys na bo
dan waai sy vir my n soen
ek kan die palm van haar hand in myne voel
die helfte van my yskoud
die ander vuurwarm

ek word wakker in my motor
my enjin loop saggies
sonder skeet sonder om te skroom
n lang man voor my enjin kap
kyk na my deur die venster
o ek sien mnr is wakker
sy stem is defnitief nie n jolyt

hoe kan my enjin loop
ek sit met die sleutels in my sak
ek hoop nie Susan het jou gepla…mnr
hulle se sy loop saans laat hier rond

doodgery se hy
deur die eerste motor op die dorp
laat enjins vrek en tree vreemd op

sy hy…terwyl hy met groot wit piering oe
terugklim…in sy bakkie en in die verte verdwyn

in tye van nood skakel……
staan op sy bakkie
ek kyk op my foon
dis nie die nommer wat ek gebel het

in die verte hoor ek n bakkie nader
miskien is dit die regte mense, gee nie om
hier moet ek wegkom

terug by die huis neem nuuskierigheid my oor
moet meer uitvind van die dorp, mense en kontrei
dan vang n berig van die plaaslike koerant my oog

Tragedie
jong boer met eerste motor op die dorp
ry sy verloofde dood
hang homself aan die naaste boom
n foto van haar en n foto van hom
groot wit piering oe wat vir my loer

ketel fluit in die kombuis
ek draai om en op die tafel le iets wat blink
n verloofring met Susan binne geskryf

ketel skakel af en n jong meisie sit en boek lees
sy kyk op en glimlag en waai my n kus
haar hande yskoud

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing