My Gauteng
  
 

As ek East Rand Mall toe ry
kan ek voel hoe my voetspore by my bly
my gesig sien ek le in n klerewinkel
vol modder met my borselkop haarstyl
elke haar uit plek

Langs Colgate Palmolive
het ons fietse soos perde gallop
MAAR naby die begrafplaas
het ons nie sommer gestop

Ek sien al die Tant Stienies
curlers op hul kop
staan daar met n sigaret en n dop

waar hul praat van liefde haat en nyt
daar ver in ou Boksburg Suid
le hul spore wyd
Elke sypaaidjie ken hul jolyt

by die Fireplace het ons rondgehang
die beste hamburgers ooit
word gemaak op hul plate, wit warm

Gauteng is dalk nie die mooiste provinsie in die land
maar dis waar my voetspore le soos n stukkie diamant
dis waar my emosies elke Lente brand
dis die enigste plek wat ek wil he
miskien is dit die enigste plek
wat my wil he……by gese

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing