My Go Is Uit
  
 

die ouman sit op die stoep
bene uitgestrek
se vir die klein seuntjie
vanaand is my go uit
ek is pe

die seuntjie met n vraagteken in elke oog
vra oom waar sit n mens se go
ek sal graag vir jou n nuwe een wil gee

die ouman se
as jou tong sleep tot op die vloer
jou hare op n manier staan
wat geen kam kan kam
jou oe so groot soos pierings
sit op jou wang

jou voete voel soos lood
sonder skoene aan
jou knieknoppe klap
soos n mak bobbejaan

as al jou spiere verander in water
jou vingers bewe hoe later hoe kwater

daar….tussen alles wat ek vir jou noem
sit jou go……..
met ander woorde my kind
ek het nie n clue

…..miskien weet jy

© Dirk Kruger

  
  
 Ek Nooi Jou Uit Om Aan Te Sluit By My Blad As Jy Van Gedigte Hou.
  
 Plek Waar Die Son Vir Die Maan n Liedjie Sing